DEFINISIE VAN VERSTANDELIKE GESTREMDHEID

‘n Persoon kan as verstandelike gestremdheid beskryf word as hy beperkings ervaar t.o.v. (1) die aanleer van nuwe inligting en (2) die toepassing van inligting waaroor hy beskik, veral op ‘n nuwe of innoverende manier. Terwyl ‘n verstandelik gestremde persoon dalk met baie oefening en herhaling kan leer om bv. die olie van ‘n Volkswagen Golf af te tap en die oliefilter te vervang sal hy waarskynlik sukkel om die olie van ‘n ander tipe motor af te tap, al is die basiese beginsels dieselfde. Die  rede wat hy hiervoor sal verstrek sal wees dat hy geleer het om die werk op ‘n Golf te doen, maar dat hy nog nie geleer het om dit op ‘n Toyota te doen nie. Hierteenoor sal ‘n persoon met ‘n hoer vlak van verstandelike funksionering waarskynlik kan uitredeneer hoe om die olie van ‘n ander tipe voertuig te vervang en die filter om te ruil. 

KENMERKE VAN VERSTANDELIKE GESTREMDHEID

Verstandelike gestremdheid kom in 1 – 3% van die bevolking voor. In slegs omtrent 25% van die gevalle kan ‘n duidelike oorsaak gevind word.

Verstandelike gestremdheid word gewoonlik vroeg reeds opgelet en hou gewoonlik verband met agterstande in ontwikkeling en ‘n gebrek aan nuuskierigheid. As ‘n algemene reel, hoe meer verstandelik gestremd die persoon is, hoe gouer word die agterstand opgelet. Dikwels word verstandelike gestremdheid vermoed wanneer kinders mylpale laat bereik, veral wanneer kinders laat loop en laat begin praat.

Terloops, daar word aanvaar dat mylpale min of meer as volg is, naamlik:

·         Sit sonder hulp en begin kruip. Praat (enkel woorde, babataal): 9 maande

·         Staan deur self regop te trek aan meubels. Tel klein voorwerpe tussen vinger en duim op: 10 maande

·         Loop, maar hou aan meubels vas. Ken eie naam: 12 maande

·         Loop goed, arms af. Praat (2 – 3 woord sinne): 18 maande

·         Hardloop. Klim trappies, 2 voete per trap. Eet goed met lepel: 24 maande

·         Toiletbeheer. Praat baie: 3 jaar

·         Klim trappe op en af, een voet per trap. Kan aan- en uittrek: 4 jaar

·         Kan op een voet spring met beide voete. Praat vlot, ken volle naam, ouderdom: 5 jaar

·         Kan agteruit loop op reguit lyn. Speel saam met maatjie: 6 jaar

Aanhangsel A bevat ‘n Tabel met mylpale asook waarskuwingstekens (Kibel en Wagstaff, 1995).

Wanneer verstandelike gestremdheid beskou word in terme van modelle van ontwikkeling soos Piaget se ontwikkelingsmodel is dit duidelik dat hulle nie deur al die ontwikkelingsstappe gaan nie. Volgens Piaget gaan kinders deur die volgended ontwikkelingsfases, naamlik:

·         “Sensorimotor” fase van geboorte tot ongeveer 2 jaar. In hierdie fase het die kind nog nie ‘n besef van homself as ‘n persoon nie en waar hulle nie begrippe soos hitte verstaan nie omdat dit te abstrak is.

·         In die “pre-operational” fase, wat duur van ongeveer 2 – 7 kan die kind simbole begryp en kan hy bv. verstaan dat ‘n samestelling van reghoeke en driehoeke ‘n huis kan voorstel en dis in hierdie fase wat hulle simbole (alfabet) aanleer en leer om te lees en skryf. Hulle verstaan egter nie konsepte soos “spoed” en “volume” nie. Piaget demonstreer dit deur te wys dat kinders in hierdie ouerdom nie begryp dat wanneer vloeistof uit ‘n kort, vet glas oorgegooi word in ‘n lang, maer glas, die hoeveelheid dieselfde bly nie.

·         In die “concrete operational” fase (7 – 12) kan die kind begrippe soos “spoed”, “gewig”, “volume”, ens. verstaan en begryp hulle dat die hoeveelheid vloeistof in ‘n kort, vet glas dieselfde is as in ‘n lang, maer glas.

·         In die finale fase, die “formal operational” fase (12 en ouer) kan die kind abstrakte begrippe soos “lojaliteit” verstaan en verduidelik.

In die lig van ‘n model soos die van Piaget is dit duideik dat verstandelik gestremde persone nie deur al die fases van verstandelike ontwikkeling gaan nie en dat hulle nie die vlak van abstrakte redenering bereik nie, ten spyte van hoe oud hulle word.

Benewens bogenoemde kom ander probleme dikwels saam met verstandelike gestremdheid voor. Dit sluit o.a. die volgende in, naamlik:

·         Kort aandagspan, met of sonder hiperaktiwiteit. ‘n Kort aandagspan sonder hiperaktiwiteit kan neerkom daarop dat die verstandelik gestremde persoon passief kan wees met die gevolg dat gedrag wat vir ander voor die hand liggende is, nie spontaan by hulle voorkom nie. ‘n Kort aandagspan met hiperaktiwiteit kan meebring dat die verstandelik gestremde persoon probleme kan veroorsaak omdat hy sekere gedrag openbaar, sonder om aan die gevolge daarvan te dink.

·         A.g.v. gebrekkige insig en impulsiwiteit kan gedragsprobleme soos vernielsugtigheid, aggressiewe uitbarstings, onredelikheid, ens. ook voorkom.

·         Lae spiertonus, wat aanleiding kan gee tot lompheid met die gepaardgaande breek van voorwerpe, val en beserings, ‘n geneigdheid om te le in plaas daarvan om te sit, ens. Lae spiertonus kan ook gepaard gaan met kwyl, morsige eet, ens.

·         Skade a.g.v. goedbedoelde pogings tot hulp wat deur swak insig veroorsaak word.

 

DIAGNOSERING VAN VERSTANDELIKE GESTREMDHEID

Diagnosering van verstandelike gestremdheid word gewoonlik gemaak aan die hand van ‘n psigometriese evaluasie. Die evaluasie behels gewoonlik ‘n IK toets (bv. die JSAIS) en / of ‘n ontwikkelingstoets (bv. die Griffiths).

IK = Verstandouderdom gedeel deur Kronologiese ouderdom, vermenigvuldig met 100. ‘n IK van 100 word as gemiddeld beskou, dus sal ‘n persoon met ‘n verstandsouderdom van 60 maande met ‘n kronologiese ouderdom van 60 maande ‘n gemiddelde IK telling behaal. ‘n IK toets soos die JSAIS dek gewoonlik ‘n ouderdomsgroep van bv 3j 0m – 7j 11m. Die kind se prestasie op die toets (d.w.s. die roupunt) word in ‘n skaalpunt verander (gewoonlik ‘n telling uit 20) deur dit op ‘n ouderdomstabel in die normtabelle op te soek. Hoe ouer die kind is, hoe meer van die toets items is die kind veronderstel om te kan antwoord. Dit bring dus mee dat ouer kinders met meer sekerheid gediagnoseer kan word omdat hul onvermoe duideliker na vore tree omdat hulle relatief min van die vrae wat hul portuurgroep kon beantwoord korrek kon beantwoord. ‘n IK toets bestaan gewoonlik uit verskillende subtoetse wat verdeel kan word in verbale subtoetse (bv. Woordeskat, Begrip, ens.) en nie-verbale subtoetse (Blokpatrone, Patroonvoltooiing, ens.). Al die subtoetse saam lewer die IK. Subtoetse gee ‘n indikasie van verskillende vaardighede, bv. ouditiwe korttermyn geheue, konsentrasie, syfervaardigheid, konkreet gebonde werkspoed, ens.

Sekere toetse soos die Menstekentoets lewer ‘n toetsouderdom wat verband hou met die IK toets en hoewel dit nie ‘n IK toets is nie kan dit tog ‘n aanduiding gee van ‘n kind se vlak van funksionering. Skolastiese werk kan ook ‘n aanduiding gee van ‘n kind se vlak van funksionering. ‘n Observasie van ‘n kind se gedrag, veral wanneer ontwikkelingsvaardighede / mylpale in ag geneem word, kan ook ‘n aanduiding gee van ‘n kind se funksioneringsvlak. Hierdie inligting alleen kan egter nie gebruik word om ‘n kind as verstandelik gestremd te diagnoseer nie. ‘n Formele evaluasie deur ‘n kundige op die gebied word benodig.

Die diagnosering van Verstandelike Gestremdheid vind plaas volgens die DSM IV. Die DSM IV onderskei tussen:

·         IK 70 – 50-55: Minder Ernstige Verstandelike Gestremdheid  (Mild Mental Retardation). Hierdie groep kinders sal hopelik funksioneel leer lees en skryf, maar hul begrip van wat hul lees en skryf sal ingeperk wees. Hulle sal hopelik ‘n mate van getalbegrip ontwikkel en sal waarskynlik kan tel en elementere bewerkings kan doen. Hoewel hulle geld waarskynlik sal kan herken/uitken, sal hulle begrip van die waarde van geld, beperk wees. Hierdie groep sal waarskynlik nie die ope arbeidsmark kan betree nie. Hulle sal moontlik by ‘n simpatieke werkgewer beperkte werk onder toesig kan verrig, maar die meerderheid van hulle sal waarskynlik in ‘n versorgingsoord (bv. Alta du Toit Nasorg) beperkte herhalende tipe werk onder toesig kan verrig. Die persone wat nie in ‘n versorgingsoord geplaas kan word nie, sal waarskynlik tuis versorg word. Hulle word dikwels in die teenwoordigheid van bejaarde mense wat nie meer selfversorgend is nie, aangetref aangesien hulle dieselfde tipe sorg benodig. Hierdie groep kinders woon skole soos Chere Botha Skool, Alta du Toit Skool, ens. by.

·         IK 50-55 – 40-35: Matige Verstandelike Gestremdheid (Moderate Mental Retardation). Hierdie kinders sal waarskynlik nie kan leer om te lees of te skryf nie en hulle sal waarskynlik nie sinvolle getalbegrip ontwikkel nie. Hulle sal moontlik sekere geldstukke kan herken, maar hulle sal geen begrip van die waarde van geld he nie. Hulle sal voltyds versorg moet word. Hierdie groep kinders woon ‘n dagsorgsentrum soos Oasis by.

·         IK 35-40 – 25-20: Ernstige Verstandelike Gestremdheid (Severe Mental Retardation)

Die DSM IV maak egter nie voorsiening vir persone wat beskik oor ‘n onder-gemiddelde verstandsvermoe (IK 85 – 70) en wat bv sukkel om binne hoofstroomonderwys te funksioneer, d.w.s. die kinders wat in sg. Voldiensskole se Eenheidsklasse geplaas word en wat mettertyd ‘n Vaardigheidsskool bywoon. Kinders wat binne hierdie groep val sal hopelik binne die ope arbeidsmark kan werk, hoewel van hulle waarskynlik nie werk sal verrig waar daar insig en inisiatief vereis word nie. Van hulle sal ook waarskynlik ‘n mindere of meerdere mate van toesig benodig om suksesvol te kan funksioneer.

 

PROGNOSE VAN VERSTANDELIKE GESTREMDHEID

Verstandelike gestremdheid is onomkeerbaar, d.w.s. ‘n persoon wat verstandelik gestremd is “herstel” nie, d.w.s. hy word nie “slimmer” nie. Agterstand t.o.v. ontwikkeling by verstandelik gestremdes word nooit ingehaal nie.

 Hoewel ‘n persoon se insig en sy vermoe om inligting te kan aanwend in ‘n nuwe situasie ingeperk bly, kan ‘n persoon se vlak van funksionering verbeter word. Terwyl ‘n persoon wat beskik oor ‘n minstens gemiddelde verstandsvermoe beskik oor die vermoe om op sy voete te dink en om te kan uitwerk hoe hy moet optree, sal ‘n verstandelik gestremde persoon hiermee sukkel. Waar ‘n persoon wat beskik oor ‘n minstens gemiddelde verstandsvermoe dus nie noodwendig nodig het om sekere gedrag aan te leer nie, sal die aanleer van sodanige gedrag ‘n verstandelik gestremde persoon se funksioneringsvlak kan verhoog: dink bv aan hoe ‘n verstandelik gestremde persoon se vlak van funksionering verhoog kan word indien hy leer om self aan te trek. 

 

ALGEMENE OORSAKE van VERSTANDELIKE GESTREMDHEID

·         Prenatal: Genetiese afwykings soos Downssindroom, Fragile X, FAS, dwelms

·         Perinatal: CP

·         Postnatal: MVO, TB Meningitis

Causes of mental retardation

Category

Type

Examples

Prenatal
(causes before birth)

Chromosomal disorders

Downs syndrome*, Fragile X syndrome,
Prader Wili syndrome, Klinefelters syndrome

 

Single gene disorders

Inborn errors of metabolism, such as galactosemia*, phenylketonuria*, mucopolysaccaridoses
Hypothyroidism*, Tay- Sachs disease Neuro-cutaneous syndromes such as tuberous sclerosis, and neurofibromatosis
Brain malformations such as genetic microcephaly, hydrocephalus and myelo-meningocele*
Other dysmorphic syndromes, such as Laurence
Moon Biedl syndrome

 

Other conditions of genetic origin

Rubistein Tabi syndrome De Lange syndrome

 

Adverse material / environmental influences

Deficiencies* , such as iodine deficiency and folic acid deficiency
Severe malnutrition* in pregnancy
Using substances * such as alcohol (maternal alcohol syndrome), nicotine, and cocaine during early pregnancy
Exposure* to other harmful chemicals such as
pollutants, heavy metals, abortifacients, and harmful medications such as thalidomide, phenytoin and warfarin sodium in early pregnancy
Maternal infections such as rubella*, syphillis*, toxoplasmosis, cytomegalovirus and HIV Others such as excessive exposure to radiation*, and Rh incompatibility*

Perinatal (around the time of birth)

Third trimester (late pregnancy)

Complications of pregnancy*
Diseases* in mother such as heart and kidney
disease and diabetes
Placental dysfunction

Labour (during delivery)

Severe prematurity, very low birth weight, birth
asphyxia
Difficult and/or complicated delivery*
Birth trauma*

Neonatal (first four weeks of life)

Septicemia, severe jaundice*, hypoglycemia

Postnatal (in infancy and childhood)

 

Brain infections such as tuberculosis, Japanese
encephalitis, and bacterial meningitis
Head injury*
Chronic lead exposure*
Severe and prolonged malnutrition*
Gross understimulation*

 

·          Note: conditions marked with an asterisk are definitely or potentially preventable.(http://www.searo.who.int/en/Section1174/Section1199/Section1567/Section1825_8090.htm)

 

OPVOEDINGSDOELWITTE vir VERSTANDELIK GESTREMDE KINDERS

Dieselfde algemene opvoedingsbeginsels wat vir normale kinders geld, geld ook vir verstandelik gestremde kinders, naamlik dat opvoeding gerig is daarop om die kind te lei tot maksimum onafhanklikheid. Hoewel baie van die verstandlike gestremde kinders nooit ten volle onafhanklik sal wees nie en lewenslank ‘n mate van toesig gaan benodig, sal dit vir hulle en vir hul versorgers baie makliker wees as die verstandelik gestremde persoon bv. homself kan aantrek, sy kamer aan die kant kan hou, homself konstruktief kan besig hou met legkaarte bou, lees, ens. Aangesien dit baie waarskynlik is dat ‘n verstandelik gestremde persoon sy versorgers sal oorleef, is dit van die uiterste belang dat die verstandelik gestremde persoon geleer word om met ‘n verskeidenheid van versorgers saam te werk. Indien dit nie gebeur nie kan ‘n situasie ontstaan waar ‘n verstandelik gestremde ‘n besondere hegte band bou met ‘n spesifieke persoon, wat kan lei tot die uitsluiting van ander en dat die verstandelik gestremde se funksionering dramaties in duie stort. Dit kan veral voorkom by verstandelik gestremdes wat hoofsaaklik in een omgewing bly, bv. by hul ouers in die huis en dat hulle dan baie sukkel om aan te pas indien hul ouers hulle nie meer kan versorg nie en hulle in alternatiewe versorging geplaas moet word.

A.g.v. ‘n verstandelik gestremde se inperkings, kan verwag word dat sy opoeding meer spesifiek sal fokus op die aanleer van sekere vaardighede aangesien spontane leer a.g.v. die verstandelike gestremdheid ingeperk sal wees. A.g.v. ‘n verstandelik gestremde se relatiewe swak insig en relatiewe swak geheue verleer of vergeet hulle ook vaardighede met die gevolg dat hulle meer vaslegging en inoefening benodig as ander kinders. Herhaling, met die oog op die vestiging van gedragsreekse / gewoontes is dus baie belangrik in die opvoeding van verstandelik gestremdes. Indien ‘n verstandelik gestremde geleer kan word om bv. ALTYD soggens volledig aan te trek en homself te versorg is die kanse baie skraler dat die persoon met nagklere aan op straat sal verskyn.

 

HANTERINGSSTRATEGIEE vir VERSTANDELIK GESTREMDE KINDERS

Omdat ‘n verstandelik gestremde persoon se denke ingeperk is met dit gevolg dat hul vermoe om op hul voete te dink ook ingeperk is, sal dit tot hul voordeel wees indien hul opvoeding vir hul so ver as moontlik kan voorberei vir die meerderheid van situasies waaraan hulle blootgestel sal word. Sodoende kan verwag word dat hulle sal redelik toepaslik sal optree in die meeste situasies waarin hulle hulle bevind. ‘n Gedragsmodifikasie sisteem, wat die lewe naboots, sal dus van groot waarde wees. ‘n Goed uitgewerkte gedragsmodifikasie sisteem kan gedragsreekse aanleer (bv. ‘n badkamer roetine), onafhanklikheid bevorder en vir die persoon in ‘n veilige omgewing leer om doelgerig op te tree en om die gevolge van sy dade in ag te neem.

Omdat ‘n verstandelik gestremde persoon baie meer konkreet gebonde is en in die belang van die vestiging van gedragsreekse kan visuele skedules (d.w.s. prentreekse soos in Aanhangsel B) van waarde wees. So kan daar bv. by ‘n wasbak ‘n prentreeks wees vir die aanleer van hande was, waar elke stap op ‘n gelamineerde prent, in volgorde bokant die wasbak geplak word om te verseker dat die korrekte gewoonte gevorm word.

Om vereensaming en moontlike depressie tee te werk by volwasse verstandelik gestremdes is dit van die uiterste belang dat hulle geleer word om hulself sinvol besig te hou. Interaksie met ander is ook van die uiterste belang, hetsy interaksie met familie en vriende asook interaksie met hul portuur.

Wanneer daar met verstandelik gestremde persone gewerk word, kan dit van groot waarde wees vir hulle en vir die mense wat met hulle werk indien hul hanteer kan word soos jong kinders of soos bejaardes, met soortgelyke verwagtings maar sonder om hul menswaardigheid aan te tas. Net soos almal, het verstandelik gestremdes ‘n behoefte aan aanvaarding en erkenning en geniet hul positiewe interaksie, veral met mense van wie hulle ‘n hoe dunk het, al is hulle nie noodwendig in staat om self toepaslik te reageer nie.  Dit is ook belangrik om daarop te let dat sommige van die verstandelik gestremdes (bv. Downssindroom) neig om vinniger te verouder met die gevolg dat hul al op ‘n relatiewe jong ouderdom (in hul 30s) al optree soos bejaardes: hulle fisiese uithouvermoe is swakker en hul geduld, veral met jong kinders, kan afneem.

Who's Online

We have 154 guests and no members online

Website Sponsor

Our Website is sponsored and maintained by Sukema IPCo specialists in the convergence of Operational Data and delivering it to those that need it most!